Thursday 19 January 2012

Gevulde murgpampoentjies

6 GROOT murgpampoentjies
½ ui
1 knoffelhuisie, opgekap
250 g sampioene
½ koppie cheddarkaas, gerasper
Olyfolie
Sout en peper

  • Voorverhit oond tot 180
  • Bak die murgpampoentjies 30 – 40 minute of tot gaar
  • Sny die murgpampoentjies middeldeur in die lengte en verwyder die pitte
  • Braai die sampioene, knoffel en ui in die olyfolie en voeg die pampoenpitte by
  • Geur met sout en peper
  • Skep die bogenoemde mengsel terug in die holtes van die murgpampoentjies
  • Strooi die kaas oor en plaas terug in die oond totdat die kaas gesmelt is
Bedien saam met braaivleis of dien op as 'n voorgereg. Lekker eet!!

No comments:

Post a Comment