Tuesday 27 September 2011

Papawersaad en wit sjokolade koek met meringues en bessies


 3 ekstra groot eiers
1,5 k strooisuiker
0,5 k olie
1 k gewone joghurt
0,5 k papawersaad
1 k klapper
1 k bruismeel

Klits die eiers en voeg die suiker stadig by.
Voeg die olie en joghurt by en meng goed.
Meng die papawersaad, klapper, bruismeel en sout en voeg by die bogenoemde om 'n slap deeg te vorm.
Voer twee 19 cm panne uit met bakpapier.
Bak 30 - 35 minute by 180 grade celsius.
Laat die koeke afkoel en keer uit.

Versiersuiker:

200 g wit sjokolade
0,5 k versiersuiker
O,25 k melk
2 e botter
0,5 t vanilla

Smelt sjokolade, versiersuiker en melk in 'n dubbelkoker.
Voeg botter en vanilla by.
Roer en laat effens afkoel
Voeg ekstra versuiker by indien nodig.

Versier die koek met die versiersuiker, meringues en bessies.

Lekker eet!

No comments:

Post a Comment